Duisende in Teheran se strate

Tien duisende Irannese inwoners het die strate ingevaar in ’n massa optog in Teheran, en is opgevolg met soortgelyke massa optogte in ander stede van die land.

Die optogte is gehou om die 41 ste herdenking van die Islamitiese Revolusie te herdenk te midde van die spanning wat reeds maande duur met die VSA.

Die staats TV kanaal het groot prominensie gegee aan die verskillende optogte in minstens ses groot stede van die land.

Met plakkate wat bewoord is “Dood vir Amerika” en “Dood vir Israel” het die massas voort beweeg, wat klaarblyklik as slagspreuke gebruik is uit wraak omdat die VSA die elite weermag bevelvoerder enkele weke gelede met ’n missiel gedood het by die lughawe in Teheran.