Diewe besteel SA van minerale

’n Man is gearresteer vir die onwettige besit van paltinum ter waarde van ’n beraamde R800,000, se die Valke se woordvoerder, Kaptein Tlangelani Rikhotso.

Die vermeende dief is gearresteer terwyl hy besig was om die platinum te smelt op twee gasstowe en in ’n stoof se oond.

Die 62-jarige van Hartbeespoort is klaarblyklik reeds vir ’n geruime tyd besig met die diefstal en smeltery, maar is slegs een van menige diewe wat hulle lewe maak uit die onwettige handel in edel metale.

Die onwettige goud delwers gaan ongestort voort om te delf in ou goudmyne, en huiwer nie om enige iemand wat die naby die onwettige bedruf sou waag, te vermoor nie.

Dit is onbekend hoeveel minerale werklik deur onwettige handel verkoop word, maar deskundiges beweer dat dit tot R5 miljard per jaar kan beloop.