Die FW nederlaag

Wat die vêr linkse FW de Klerk gereken het toe hy gesê het apartheid is nie ’n misdaad teen die mensdom nie, sal nooit verklaar kan word nie.

De Klerk het die argwaan van elke politieke party in die parlement kritiek ontvang vir die liegstorie teen sy eie gewete.

Dit is nog een van sy groot nederlae waaroor die behoudendes handeklap!

Hy het in April 1994 apartheid finaal nek omgedraai, en saam met die destydse terroriste leier, Mandela, gestem dat apartheid ’n onreg teen die mensdom is, alhoewel hy dit nie gesê het nie, het sy optrede dit getoon.

Die uitlating is deur alke denkbare swart leier veroordeel, en die Mandela Stigting was op die voorpunt om De Klerk vas te vat, maar so papbroekig as wat Suid-Afrika hom leer ken het, het hy gou sy woorde gesluk en na die pype gedans van die swart politici, insluitende die kommuniste, toe hy eensklaps sy opmerking teruggetrek het met ’n baie, baie flou verskoning dat hy “saam met die Tutu-Stigting stem.

Suid-Afrika het nie papbroeke soos De Klerk nodig nie, allermins wanneer politieke uitsprake gemaak moet word nie.

Ons hoop die “Ja” stemmers van weleer het nou weer ervaar vir wie, en waarvoor, hulle destyds gestem het – en los maar die ou swak argument van “ons het nie ’n keuse gehad nie, want geweld sou toegeneem het” – foei tog, asof ons nie nou ’n duisend keer meer geweld het omdat die verkeerde keuse gemaak is – want elkeen wat stemgeregtig is, moes maar die regte keuse gemaak het, en “Nee” gestem het – want FW se gelieg van eie skole en woonbuurte lyk nou baie anders!