Demokrate word verras in voorverkiesing

Met byna 70% van die stemme getel in die Demokrate se Iowa verkiesing, het ’n buiteperd kandidaat, Pete Buttigieg, die ander  demokrate die loef afgesteek.

Die verwagting was at die sosialis, Bernie Sanders die voortou sou neem, met Elizabeth Warren op sy hakke, maar dit het nie gebeur nie.

Sanders moes tevrede wees met ’n tweede plek en Warren in die derde plek terwyl die gunsteling, Joe Biden, hopeloos gevaar het.

Die deurmekaarspul van die Demokrate het die VSA kiesers aan die gons, en menige het op die sosiale netwerk gesê die Demokrate kon nie eers ’n behoorlike verkiesing onder hulle eie mense reël nie, en kan dus nie met die VSA vertrou word nie.