Demokrate se heksejag misluk in Senaat

Die linkse Demokratiese Party, met die voorsitter van die Huis van Verteen-woordigers op die voorpunt, het nog ’n drag slae op die lyf geloop met hulle poging om die president in ’n staat van beskuldiging te plaas.

Die Amerikaanse Senaat het in ’n finale stemming, met 53 stemme teenoor 47 die Demokrate se poging gekelder en daarmee nog ’n oorwinning aan President Trump besorg.

Die voorsitter van die Huis van Afgevaardigdes, ene Pelosi, was so ontwrig dat sy tydens die president se staatsrede, haar afskrif van sy toespraak opgeskeur het.

Toe sy haar hand uitsteek om die president te groet, het hy geweier om haar hand te vat en haar doelbewus geïgnoreer.

Verskeie senatore van die Demokrate het Trump gesteun met die stemming, en kenners reken die maande lange poging om die president in ’n staat van beskuldiging te plaas, het die Demokrate skade berokken en bemoeilik hulle taak in die verkiesingsveldtog wat voorlê.