Dans Gordhan nou na unies se pype?

Pravin Gordhan het verklaar dat die likwidasie van SAL vêrreikende gevolge sal hê, veral oor die poste wat verlore sal gaan.

Daar moet nou skielik weë gevind word om die redery te red, aldus Gordhan, maar wil nie aanvaar dat afleggings van oortollige werkers, en die beeindiging van sekere vlugte, dringend toegepas moet word nie.

Die vraag wat nou na vore kom is of Gordhan nou skielik die kommunisties gesinde vakbonde en die Rooi brigade wil paai nadat hulle sy kop geëis het.  Intussen het die nuwe hoof van Eskom verklaar dat daar êrens geld gevind moet word om Eskom te red, en waarnemers reken dieselfde geld seker vir SAL en verskeie ander staats entiteite wat op die rand van bankrotskap staan.

Gordan het weer in die bres getree vir SAL wat die afgelope twee jaar nie finansiële state bekendgemaak het nie, en sê as SAL dit sou doen, sou skuldeisers opgetree het om die entiteit te likwideer.