Cyril vra verskoning oor moord

Blanke inwoners van die land is verbaas en geskok oor die optrede van die ANC se president wat verskoning aangebied het vir die moord op ’n agt jarige kleurling, Tazne van Wyk.

’n Woordvoerder van die Afrikaners in Pretoria sê dit is verbasend dat die president verskoning maak ir wat gebeur het, maar het nog nooit daaraan gedink om verskoning te maak vir die moorde op blankes en veral op die boerdery gemeenskap.

Die merkwaardige is eerder dat Ramaphosa in die buiteland gelieg het deur te ontken dat daar moorde op blanke boere in die land plaasvind.

Die woordvoerder sê daar is geen fout te vind met ’n verskoning aan die familie oor die moord op hulle kind nie, maar waarom hy een voorval uitsonder, terwyl daar gemiddeld 50 moorde per dag plaasvind in Suid-Afrika, is ietwat vreemd vir regdenkende mense.

Die moord wat deur ’n parool vrygelate misdadiger gepleeg is, toon ook dat die regering verantwoordelik gehou moet word vir die dood van die kind, en behoort uit sy leë staatskas, die ouers finansieel te ondersteun, word gesê.