Britse Finans minister bedank

Sajid Javid   

Die Minister van Finansies in Brittanje, Sajid Javid, het sy bedanking ingehandig omdat hy ernstige verskille het met die Eerste Minister, Boris Johnson.

Hy sê geen minister met selfrespek sal aanvaar dat     die Eerste Minister, Boris Johnson, op so ’n wyse sy adviseurs afdank soos wat gedoen is nie.

Hy sê ’n voorwaarde was aangeheg dat hy al sy politieke adviseurs afdank, en hy glo nie dat enige minister so ’n opdrag en voorwaarde sal aanvaar nie en daarom het hy besluit om te bedank.

Premier Boris Johnson het pas sy kabinet geskommel, en sekere voorwaardes aan sommige ministers gestel, wat daartoe aanleiding gegee het dat die Minister van Finansies besluit het om eerder te bedank.