Brexit: Rusie tussen Brittanje en EU

Die Europese Unie sal ’n “buitengewone aanbod” aan Brittanje bied as ’n toekomstige handelsvennoot, maar sê dit sal terme vereis wat waarskynlik nie vir Brittanje aanvaarbaar sal wees nie.

Die EU stel dit dat ’n “hoogs ambisieuse” handelsooreenkoms wat zero kwotas en tariewe sal beteken, op voorwaarde dat Brittanje sal voldoen aan EU standaarde, nou en in die toekoms.

Die EU woordvoerder sê die mededinging tussen Brittanje en die EU moet “oop en eerlik” wees soos wat reeds ooreengekom is met premier Johnson, en Brittanje moet aanvaar dit sal nie meer “besigheid soos altyd” wees nie.

Die EU verwag ook dat so ’n vrye handel ooreenkoms ook sal insluit die toegang van EU tot seewater vis op ’n kwota basis.

In reaksie het Eerste Minister Boris Johnson gesê van Brussel tot Sjina tot die VSA, word oral handelsooreenkomste aangegaan. Hy sê dit is politici wat in die weg staan van goeie ooreenkomste tussen lande.

Brittanje sal nie in ’n “keel-afsny wedloop” betrokke raak nie, en het nie die EU verlaat om Europa te ondermyn nie.

Hy het bygevoeg dat Brittanje verwerp die EU se manier om te dink Brussel bepaal “die prys van ’n vry handel ooreenkoms”.

Johnson het dit duidelik uitgespel dat hy nie te vinde is vir ’n ooreenkoms met die EU nie, want daar is reeds ’n ooreenkoms aangegaan en deur beide onderteken.