Bosbrande met bitter-soet resultate

Die Australiese inwoners ervaar ’n bitter-soet smaak met die bosbrande wat nie in bedwang gebring word nie, maar swaar reën en ’n woeste sikloon het meegedoen om baie brande te blus.

Hierteenoor is vloedskade aangerig oor ’n wye gebied, wat die boere verwelkom, maar ook bekommerd laat omdat baie van hulle diere deur vloedwater meegesleur is.

Die Weerburo het gewaarsku dat swaar donderstorms in Queensland verwag word oor die naweek, en dele van New South Wales het reeds oorstromings gehad met baie swaar reënneerslae wat nog vir ’n aantal dae kan voortduur.

Die bosbrande het reeds 33 mense se dood veroorsaak, en 2,500 woonhuise is vernietig in die bykans 12 miljoen hektaar wat afgebrand het.