Big Ben toring erg beskadig

Die welbekende Big Ben toring in Londen, is tans deur kundiges nagegaan, en is nou eers gevind dat die skade wat die Duitse bomme veroorsaak het in die Tweede Wêreldoorlog, veel groter is as wat vermoed was.

Die rekening sal meer as 80 miljoen pond beloop om die toring behoorlik te herstel, en die Britse parlement het die kontrakteurs se kwotasie aanvaar en goedgekeur.

Die Big Ben toring, wat reeds vir 177 jaar ’n landmerk in Londen is, word tans ontsier deur staal stellasies wat opgerig is om die noodsaaklike herstelwerk aan die 96 meter hoë toring te doen.

Aandag moet gegee word aan die steenwerk, asook aan die 12 ton swar horlosie met sy ewe swaar klokke.

Intussen is herstelwerk ook aan die paleis in Londen aan die gang, en die rekening sal nagenoeg 4 miljard Britse pond beloop.