Australië juig oor deurdringende reën

Die grootse deel van die verskillende bosbrande in Australië is deur welkome reën geblus gedurende die afgelope naweek, toe die grootse reënval in 20 jaar oor die gebied uitgesak het.

Die wydverspreide en algemene reën het nie net die grootste bosbrande geblus nie, maar ook welkome verligting gebring by baie boere wat reeds gebuk gegaan het onder die droogtetoestand en geweldige hittegolwe.

Die owerhede het mense gewaarsku dat swaar reën verwag word wat die gevaar van vloedwaters en oorstromings kan beteken.

Alhoewel enkele gebiede van skade verslag gedoen het, was dit die boer wat kon sien hoe opgaardamme oornag vol word, en gesug het van verligting dat dreigende bosbrande nie langer hulle plase en geboue vernietig nie.