Antarktika pikkewyn getalle daal vinnig

Die getalle van ’n soort pikkewyn wat in kolonies leef in die Westelike Antarktika het gedaal met meer as 77% sedert hulle in 1970 getel is.

Wetenskaplikes wat weer navorsing gedoen het in die gebied, en ’n studie maak van die besondere Kenband pikkewyne (chinstrap) waarvan die getalle drasties daal.

Die Kenband pikkewyn, wat sy naam gekry het van die smal swart band  wat onder sy ken is, is ’n soort wat op die eiland en strande van di Suidelike Stille- en  Antarktiese Oseane voorkom.

Die wetenskaplike beskou die dramatiese afname in getalle as ’n gevaarlike tendens en sê iets is aan die gebeur wat so ’n radikale afname veroorsaak het.

Die logiese gevolgtrekking om te maak is dat die gebied se voedselvoorraad besig is om sodanig te verminder dat dit die pikkewyne se aanwas beïnvloed.

Dit laat die vraag ontstaan waarom die voedselvoorraad so gou verminder het in die besonder gebied.

By Olifant Eiland het die getalle met 60% gedaal, en is daar tans slegs 53,000 broeipare gevind tydens die jongste afgelope ekspedisie.

Kommer bestaan dat alles te make het met die warmer klimaat, wat tydens die ekspedisie gemiddeld op minus 18 grade Celsius was, wat aansienlik warmer is as wat dit normaalweg moet wees.