ANC teenstrydig en verdeeld

Minister Mantashe

Dit lyk of die ANC erg verdwaal geraak het met die toekoms van die SAL, veral met Ramaphosa en Gordhan wat ontevrede is met die reddingspan wat die entiteit van ondergang moet red.

President Ramaphosa en minister Gordhan wil nou inmeng in die werksaamhede van die sake redder wat aangewys is om SAL uit sy gemors te red, en het hulle ontevredenheid geopper oor die vlugte wat afgestel word omdat dit onekonomies is.

Die sake redder se taak is om die SAL van ondergang te red, en die twee kabinetslede van die ANC is besig om in te meng sonder ’n mandaat, aangesien dit juis die inmengery is wat staats entiteite se ondergang is.

Aan die ander kant is Mantashe wat sê die SAL moet wins maak, of so nie word die entiteit gesluit, het hy gewaarsku.

Die president se opmerking dat hy wil praat met SAL se reddingspan, is ’n gevaarlike teken van hoe die sosialisme van Afrika niks anders as ’n kommunistiese regering weerspieël nie.