“Agbare lid, neem jou sitplek in”

Die staatsrede van die ANC president het na ’n uur van oor en weer gepraat tussen lede van die Rooi brigade en Speaker Modise nog nie begin nie, en skrywer hiervan het toe die verrigtinge verlaat.

Om verslag te doen van die chaos wat geheers het, is redelik eenvoudig, want die een na die ander Rooi brigade parlementslede het begin met “agbare speaker”, en dan het die reaksie gekom van die speaker, “agbare lid, neem jou sitplek in…” en dit is sovêr as wat die verrigtinge kon gaan.

Die President is aan die woord gestel, en hy het begin met :Agbare lede”, en moes daarna gaan sit.

Dit is hoe die res van die wêreld op TV moes kyk na die gebeure van die Nuwe Suid-Afrika se demokratiese proses wat so hoog opgegee is deur menige staatsleiers van die wêreld.

Daarna het die Huis verdaag tot verdere kennisgewing.