Zuma wil Staatskaping dagvaarding beveg

Die ANC se voormalige president, Jacob Zuma, wil al weer in die hof wees om sodoende die tronktralies te vermy, is die mening van verskeie kenners.

Die Kommissie van Ondersoek na Staatskaping wat gelei word deur Regter Zondo, het Zuma gedagvaar om voor die Kommissie te verskyn, maar die regsverteenwoordiger van die ANC lid wil dit in die hof beveg.

Zuma is gedagvaar om voor die Kommissie te verskyn, maar hy is terug in die immer wit soeklig met sy jongste poging om nie te getuig nie.

Zuma hou vol dat hy nie ’n :regverdige” verhoor oor Staatskaping sal kry in die Hooggeregshof nie, en het reeds verskeie pogings aangewend, en sukses behaal, om sy skuldigbevinding in ’n hof te vermy.

Sy jongste poging om die Kommissie se dagvaarding te bestry, sal waarskynlik nie slaag nie, en sal dan gedwing word om kruis ondervraging te ondergaan voor die Zondo-kommissie op 27 Januarie.