Westerse rederye vermy Iran

Die Duitse lugredery Lufthansa is die eerste redery in Europa wat besluit het om nuwe roetes te volg en nie langer oor die gevaar sone, Iran, te volg nie.

Kort daarna het die Australiese redery gevolg waarna tientalle ander lande die voorbeeld gevolg het om die lugruim bokant Iran te vermy.

Intussen het Brussel Redery, en Swiss Air aangekondig dat hulle ook die roetes gaan verander om Iran se lugruim te vermy.

Die aankondigings volg nadat die Oekraïne se Boeing 737 deur ’n missiel getref is wat deur Iran gelanseer is.

Die rederye het ook aangekondig dat enige vlugte na Iran afgelas is en eers op 20 Januarie heroorweeg sal word.    

Intussen het Swed ook aangekondig dat hy geen vlugte na en van Iran sal onderneem nie, wat volgens kenners ’n geweldige finansiële inpak gaan uitoefen op die Midde-Oosterse moondheid.