Wes-Kaap damvlakke styg

Die verskillende damme in die Wes-Kaap wat water aan die moederstad voorsien, het tot hoër vlakke gesyg danksy die onverwagse reën wat die streek te beurt geval het.

Al die damme toon ’n beter inhoud as verlede jaar die ooreenstemmende tyd, en ’n totaal van 72% gemiddeld is tans gemeet teenoor die net meer as 60% van verlede jaar.

’n Onverwagte daling in die verbruik weens die koeler klimaat het ook ’n aansienlike bydrae gelewer, en sommige meningsvormers reken die minder toeriste wat Kaapstad besoek het in die vakansietyd weens die swak ekonomiese toestand, het ook meegehelp om die verbruik laer te hou.

Onbevestigde berigte dui daarop dat die inwoners van Kaapstad ook met ’n groter sin van water besparing bygedra het tot die dalende verbruik.