Werksgeleenthede word al minder

Met die jongste aankondiging van Telkom dat hy voorsien om sowat 3,000 werksgeleenthede af te skaf, het die mynbedryf nou ook gewaarsku dat dieselfde roete gevolg gaan word.

Glencore en Merafe is nou ook besig om afleggings gesprekke te voer weens die swak ekonomie en die geweldige duur elektrisiteit wat voorsien word.

Onbevestigde berigte dui daarop dat sowat 1,000 poste in gedrang is, waarvan 660 in die Rustenburg aanleg van toepassing is.

Die aankondiging maak die lys van groter instansies wat met afleggings begin, al langer, en finansiële deskundiges sê dit is die begin van ’n al langer wordende lys, wat die werkloosheidsyfer onrusbarend hoog kan laat styg.

Die afleggings word dirk verbind aan die afname in sake weens die swak ekonomiese toestand waarin Suid-Afrika hom bevind, en die swak kragvoorsiening word ook direk aan die toestand gekoppel.