Werkloosheid styg verder

Die Wallmart groep se Massmart afdeling het aangekondig dat hy sy onderpresterende sakesentrums se deure gaan sluit.

Die Amerikaans beheerde sakereus se voorneme beteken dat sowat 1,500 werksgeleenthede verlore sal wees in die Suid-Afrikaanse arbeidsmark wat reeds ’n kommerwekkende hoë vlak bereik het.

Die aankondiging het die maatskappy se aandele met ’n 5% laat styg wat daarop dui dat die regte besluit deur die bestuur geneem is.

Die besluit beteken dat al 23 DionWired winkels wat elektroniese goedere verkoop, in die slag sal bly.

Daarbenewens sal 11 Masscash winkels, wat ingestl is op voedsel verkope aan die laer inkomste groepe,  se deure ook gesluit word.

Winkels soos Cash & Carry en Cambridge Food gaan ook in die slag bly.