Weermag onttrek uit Vaaldam skoonmaak projek

Na 15 maande van weermaglede se betrokkenheid om die Vaaldam skoon te kry en die pompstasies weer te laat funksioneer, onttrek die soldate in opdrag van die regering.

Alhoewel ’n onbeduidende deel van die werk gedoen is, het die regime ’n maatskappy gekontrakteer wat “spesialiseer” in die herstel van damme se inhoud sowel as die nagaan van pompstasies.

Gedurende die 15 maande het die soldate sewe pompstasies weer in werkende toestand gekry, maar die nuwe kontrakteur moet nou die ander 24 pompstasies nagaan en seker maak dat almal goed funksioneer.

Meer as 500 weermaglede is opgevorder om die eerste deel van die werk te doen, maar toe die weermag begroting opdroog, moes die regime ander wee vind om die enorme krisis op te los.

Die ANC het gedurende sy bewind van 25 jaar, nie een enkele sent spandeer om te verseker dat die Vaaldam se besoedeling gestop word nie, en het slegs sedert 2018 met weermaglede probeer om die Vaaldam se riool besoedelde water skoon te kry.