Wapen-amnestie tyd word kort

Honderde wapens en duisende rondtes ammunisie is by die owerhede ingehandig terwyl die tyd van amnestie besig is om kort te word.

Terwyl Afrikaners hul vuurwapens probeer behou deur betyds lisensies daarvoor te hernu, is daar ook duisende onwettig in die besit van geweldenaars wat daagliks met rooftogte en moorde besig is.

Baie mense het misbruik gemaak van die amnestie tydperk om wapens onwettig te gebruik, en begin nou stadigaan die wapens inhandig.

’n Polisie woordvoerder beweer dat 1,465 wapens en bykans 15,000 patrone ingehandig is reeds ontvang, en die verwagting is dat nog baie wapens ingehandig sal word voor die sperdatum van 31 Mei 2020 wanneer die amnestie tydperk verstryk.

Vuurwapens wat egter geïdentifiseer word as ’n wapen wat gebruik is om ’n misdaad te pleeg, se eienaar sal nie aanspraak kan maak op amnestie nie.