VSA sal Irak swaar straf

Kort nadat Amerika ’n vergeldings aanval uitgevoer het in Irak, het duisende inwoners van die land protes optogte gehou en amok gemaak by die Amerikaanse ambassade in die hoofstad Baghdad.

Die Trump-regering moes inderhaas reëlings tref om 750 troepe na die onlus geteisterde gebied te stuur om Amerikaanse burgers te beskerm teen moontlike aggressie.

Die ontplooiing van soldate word ook gesien as ’n waarskuwing teen die optrede van inwoners in Irak wat gepoog het om die ambassade in ’n brand te vernietig.

Die Pentagon het in ’n verklaring gesê die optrede is ’n voorsorgmaatreël om Amerikaanse personeel en die land se fasiliteite soos die ambassade te beskerm teen die gewelddadige optrede van inwoners.

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het gesê Irak sal swaar gestraf word indien enige Amerikaanse burger, of sy fasiliteite in die land aangeval sou word.