VSA magte dood senior militaris

Die Amerikaanse magte het die Irannese Majoor-Generaal Qassem Soleimani, wat hoof is van die elite Quds Mag is, in ’n lugaanval gedood.

Die Quds Mag se hoof word beskou as ’n invloedryke militaris in die Midde-Ooste, en is Vrydag in ’n lugaanval by die Baghdad lughawe gedood volgens ’n woordvoerder van die Amerikaanse Pentagon.

Saam met die Irannese hoof is die militêre bevelvoerder van Irak, Abu Mahdi al-Muhandis, ook getref en gedood.

Abu Mahdi al-Muhandis het ook as adviseur opgetree vir Soleimani, en die aanval word as ’n groot terugslag vir militariste in die Midde-Ooste gesien.

Dit is veral Iran wat die geweldige terugslag swaar verteer, en sal die konflik en spanning met die VSA verder verhoog.

Die Amerikaanse Kongres het intussen ’n verklaring uitgereik dat die Kongres nie vooraf ingelig is oor die beplande aanval nie, en dat president Donald Trump die opdrag gegee het sonder die Kongres se wete.

Die twee weermaglede het in dieselfde voertuig gery wat deur die VSA se lugaanval vernietig is.