VSA laat Irak protesteerders steier

Die militante protesteerders wat op onbehoorlike wyse by die Amerikaanse ambassade in Baghdad saamgedrom het, is vinnig uitmekaargejaag toe VSA veiligheidsmagte hulle met ’n “reënbui” traangas bestook het.

Die optrede het die spanning tussen Baghdad en Washington nog verder verhoog, maar die VSA regering is vasbeslote om sy burgers in Baghdad te beskerm teen enige moontlike optrede van protesteerders.

Die Amerikaanse Weermag het talle soldate ontplooi in en om die ambassade en is gereed vir enige gebeure, en intussen het die Pentagon aangekondig dat 750 bykomende troepe na Baghdad gestuur word om Amerikaanse burgers te beveilig teen aggressors van Irak.

Duisende ondersteuners van die Hashed al-Shaabi paramilitêre mag in Irak het na die Amerikaanse ambassade opgeruk ien selfs probeer om die gebou aan die brand te steek uit vergelding nadat die VSA ’n basis van die groep in ’n lugaanval vernietig het.

Intussen het die eerste troepe uit die VSA per vliegtuig in Bagdad aangekom, en is dadelik ontplooi om op te tree teen die aggressors.

Bevestiging is ontvang dat die paramilitêre groep ’n beroep gedoen het op die protesteerders om weg te kom van die Amerikaanse ambassade, en die vermoede bestaan dat die moontlike konflik met Amerikaanse soldate ’n gevaarlike situasie kan skep.