VN diep bekommerd oor Noord-Korea

Antonio Guterres

Die Sekretaris-Generaal van die Verenigde Nasies,  Antonio Guterres, het sy kommer uitgespreek oor leier van Noord-Korea se aankondiging om voort te gaan met kernwapen ontwikkeling.

Hy sê die VN is diep bekommerd oor Kim Jong-Un se aankondiging dat Noord-Korea voortgaan met sy ontwikkeling van ’n “nuwe strategiese wapen”.

Die Verenigde Nasies se bekommernis spruit waarskynlik uit die mening wat president Donald Trump uitgespreek het toe hy gesê het “Kim Jong-Un is ’n man van sy woord”.

Kim Jong –Un het twee dae gelede gesê sy land beskou homself nie meer as gebonde aan enige moratorium op die ontwikkeling van kernwapens en missiel toetse nie.

Die Verenigde Nasies se woordvoerder sê die hoop bestaan dat Noord-Korea nie sal voortgaan met sy planne nie, aangesien dit die VN se Veiligheidsraad sal dwing om nuwe resolusies teen Noord-Korea in te stel.