Vakbonde wil onafhanklike skole verbied

Cosas (Congress of SA Students) het ‘n beroep gedoen op die regering om die Onafhanklike Eksaminerings Raad se nasionale Senior Sertifikate te kanseleer.  Dit veroorsaak glo verdeelheid en versterk ongelykheid . Dit volg na die bekendmaking van die 2019 matriek uitslae waarin privaat en onafhanklike skole bykans ‘n 99% slaagsyfer behaal het teenoor die gedokterde 81 % slaagsyfer van staatskole. ‘n Studie by UK het getoon dat daar slegs ‘n 2% druip syfer is by onafhanklike studente  op universiteit terwyl die uitval syfer 35-50% is by studente wat uit staatskole kom.