Vakbonde spring op Telkom

Die vakbonde, wat almal geskoei is op die kommunistiese stelsels van weleer, wil nou probeer voorkom dat Telkom ontslae raak van 3,000 werkers wat klaarblyklik net ’n finansiële las op die entiteit is.

Telkom se aankondiging twee dae gelede het die prys van sy aandele op die Johannesburgse Beurs met bykans 4% laat styg, wat toon dat die korrekte besluit geneem is.

Vakbonde, waaronder die rasgemengde Solidariteit die voorloper is, wil nou probeer om Telkom te oorreed om die 3,000 oortollige werkers steeds in diens te hou.

Die optrede van Solidariteit laat die indruk dat hulle net soos die kommunisties gesinde swart vakbonde optree.

Waarnemers sê die tyd het aangebreek dat Suid-Afrika teen vakbonde optree soos wat die voormalige Britse premier, Magaret Thatcher die vakbonde feitlik vernietig het in haar land.

Finansiële kenners reken dit is die instansies wat oorlaai is met werkers waarvoor daar nie werklik genoeg werk is nie, wat die verbruikers laat les opsê met onbekostigbare tariewe, waarvan Eskom die beste voorbeeld is.