Tembisa moet meer personeel kry

Die SA Menseregte Kommissie sê die Tembisa Hospitaal in Gauteng benodig dringend meer personeel nadat nog 10 babas in die inrigting dood is.

Die babas wat in die hospitaal gebore is, is gedurende die afgelope weke dood, en alhoewel talle redes aangevoer is, word die hospitaal verantwoordelik gehou vir die dood van al die babas.

Die bewerings word gemaak dat insekte die oorsaak is vir die dood van nog 10 babas, wat glo aanwesig is weens swak higiëne in die gebou.

Die uitbreek van die antibiotika-weerstandige bakterieë het die babas in minder as twee maande laat sterf, en nou sê die Menseregte Kommissie dat die hospitaal die probleem sal oplos deur meer personeel aan te stel.

Kenners reken egter die probleem kon met goeie, en volhoubare, higiëne vermy gewees het, wat nie noodwendig beteken dat meer personeel nodig is nie.