Telkom bevestig afleggings gaan voort

Die beoogde afleggings van 3,000 Telkom werkers gaan waarskynlik binne enkele weke plaasvind, en dit sal die werkloosheid syfers nog verder in die rooi laat beland.

Die kommunikasie entiteit verkeer reeds vir n geruime tyd onder druk om met afleggings te begin ten einde die winsgewendheid te handhaaf.

Vakbonde is “diep bekommerd” oor die toestand, maar kenners reken Telkom kan selfs beter doen deur 6,000 oortollige werkers af te le met die huidige swak ekonomiese toestand in die land.

Die selfoon maatskappye huiwer nie om afleggings te doen nie, en daarom behoort Telkom dieselfde roete te volg, veral omdat die aankondiging van afleggings sy aandele laat styg het met 8% binne een week.