Telkom afleggings nie finaal

Die regering as Telkom se grootste aandeelhouer het gevra vir ’n dringende vergadering om die maatskappy se plan vir die aflegging van duisende oortollige werkers te bespreek.

Telkom het vroeër verlede week aangekondig dat hy van voorneme is om sowat 3,000 werkers af te lê wat ’n vyfde van sy totale werkerskorps is.

Die Departement van Kommunikasie en Digitale Tegnologie het aangekondig dat minister Stella Ndabeni-Abrahams haar kommer uitgespreek het oor die voorneme van Telkom, en daarom ’n dringende vergadering wil hou.

Telkom se aandele het verlede week met 8% gestyg na die aankondiging oor die aflegging van 3,000 mense gemaak is.

Verskeie ekonomiese deskundiges reken Telkom sit met minstens 4,500 oortollige personeel, wat ’n direkte invloed het op die winsgewendheid van die entiteit.