Taiwan verwerp HK-Model van Sjina

Die president van Taiwan het die Sjinese aanbod om die Hong Kong model ook op haar land van toepassing te maak, skerp veroordeel en in totaliteit verwerp.

Sy het in ’n personderhoud gesê die demokratiese bestel van Taiwan is nie versoenbaar met Sjina se twee-stroom beleid soos in Hong Kong van toepassing is nie.

Sy sê die “een land, twee stelsels” sal beslis nie in Taiwan werk nie, en is onaanvaarbaar vir die inwoners van die eiland.

Dit is bekend dat die Taiwanese President Tsai Ing-wen ’n Westerse benadering verkies bo die onderdrukkende beleid van Sjina wat die onafhanklike land as deel van die Sjinese ryk beskou.

Die president sê Sjina se Hong Kong beleid het misluk en die bewyse is wêreldwyd bekend, en daarom sal Taiwan nie iets soortgelyk aanvaar nie.

Sjina probeer tans dat die kiesers hulle sal gereedmaak om ’n ander president te kies wat meer neig tot Sjina, maar alles dui daarop dat President Tsai Ing-wen die naderende verkiesing sal wen.