Taiwan herkies sy president

President Tsai Ing-wen

Die vroulike president van Taiwan het die presidents-verkiesing gemaklik gewen te midde van Sjina se pogings om in te meng in die veldtog en steun gewerf het vir een van haar opponente.

Die kommunistiese regering in Beijing het egter gesê die demokrate se oorwinning sal nie Sjina se standpunt oor die eiland verander nie, en beskou Taiwan steeds as deel van die kommunistiese staat.

President Tsai Ing-wen het deurlopend tydens die verkiesingsveldtog gesê sy sal nie Taiwan uitlewer aan Sjina soos wat Hong Kong se stelsel is nie, al het Sjina so ’n voorstel gemaak.

Die President het gesê sy sal ook nie toegee of skrik vir die dreigement van die Sjinese regering nie, veral nie soos wat die media berig het oor wat Sjina beoog nie.

Sjina het groot bedrae geld spandeer tydens die veldtog om te verseker dat die president uit die kussings gelig word, maar sy het vasberade voortgegaan en telkens te velde getrek teen die intimidasie wat deur die kommunistiese regering van Sjina toegepas is.