Suider-Afrika se hongersnood bedreiging

Suid-Afrika is een van verskeie state in Suidelike Afrika wat deel uitmaak van die 45 miljoen mense wat die komende wintermaande ’n hongersnood in die gesig sal staar.

Die agt state, waarvan Zimbabwe, Zambië, Mosambiek, Madagaskar, Namibië, Lesotho, Malawi en moontlik Botswana ondervind droogte toestande terwyl die ekonomiese omstandighede ook kommerwekkend is, het daartoe gelei dat die Verenigde Nasies se Voedsel Program ’n ernstige waarskuwing gerig het dat 45 miljoen mense in die hongersnood vasgevang kan word.

Zimbabwe is egter in die grootste wurggreep van ’n hongersnood en is selfs erger as ’n dekade gelede met sowat 8 miljoen mense wat voedsel tekorte gaan ondervind.

In Zambië word voorsien dat meer as 20% van die bevolking ook nie voedsel sal hê gedurende die wintermaande nie, en het die land ’n beletsel geplaas op enige uitvoere van geproduseerde kossoorte.

Lesotho en Namibië kan 10% van sy bevolking verloor weens hongersnood as

Hulp nie van elders kom nie.