Stadige internet in SA

Die gesukkel met die stadige internet in Suid-Afrika word grootliks toegeskryf aan die ondersese optiese kabel wat iewers langs die Afrika kus gebreek het.

Die vertraging om die kabel te herstel, is veroorsaak deur gure weer in Kaapstad wat verhoed het dat die skip wat die herstelwerk sal verrig, kon vertrek.

Die tegniese span aan boord is egter gereed en die skip kon wel Maandag uitvaar nadat die erge wind by die “Kaap van Storms” bedaar het.

Internet gebruikers ondervind ’n stadige reaksie, veral wanneer buitlandse webtuistes besoek word, en die binnelandse spoed word slegs by tye ondervind en word nie toegeskryf aan die gebreekte kabel nie.