St 7 Sertifikaat bykans amptelik

Cyril Ramaphosa het die voorgestelde onderwys beleid goedgekeur wat voorsiening maak vir leerders om skool op graad 9 vlak te verlaat. 

Die skuif sal leerders in staat stel om ’n Graad 9 sertifikaat te verwerf en die arbeidsmag te betree.

Angie Motshekga het vir haar hewige kritiek op die hals gehaal met díe voorstel maar dit word nou amptelike ANC beleid.  Volgens Ramaphosa sal die stap daarop fokus om leerders gouer te integreer in die land se arbeidsmag en die land se ekonomie. 

Met ʼn matrieksertifikaat wat reeds weinig meer werd is as die papier waarop dit gedruk word moet die stap gesien word as ’n poging  om matriek uitslae te “verbeter” weens die groot getal leerders wat skool op vroeë ouderdom gaan verlaat.

Opvoedkundiges wys daarop dat die matrieks nie werk kry nie, en dat die Graad 9 leerlinge skool sal verlaat om die werkloosheidsyfer te verhoog om vinniger na rommelstatus op ekonomiese gebied gegradeer te word.