So word SA belieg

Dit is nie net die ANC se president wat in di buiteland en in die parlement gelieg het nie, maar ook ’n ander liegstorie verder gedra.

Eskom het gesê hy sal sorg dat geen beurtkrag ingestel word voor 13 Januarie nie, en toe glo die ANC se Cyril Ramaphosa die liegery en gaan voort om die liegstorie aan die hele Suid-Afrika te verkoop.

Op 5 Januarie tref die beurtkrag die land met Fase 2 wat  tot 5 uur vanoggend geduur het.

Dit vind plaas omdat die swak vakmanskap by Madusi kragsentrale weer die skuld moes kry dat ’n vervoerband gebreek het.

Die feit dat Koeberg reeds die hele Desember net teen 50% van sy kapasiteit krag voorsien het, is eers op 4 Januarie bekendgemaak.

Kenners het aan Die Vryburger gesê dit word al duideliker dat Eskom die ANC regering gyselaar hou, want hulle wil te midde van hulle bankrotskap, nou prestasie bonusse van R1,5 miljard betaal.

Kragverbruikers se al prestasie wat Eskom bereik is om die verbruikers woedend te maak.

Intussen moes SA hoor dat Eskom kamma beurtkrag instel terwille van die matrieks van 2019 – asof sulke snert geglo sal word.