Slegte afskop in 2020

Die redaksie van Die Vryburger het met ’n gesukkel afgeskop in 2020, danksy die swak diens van ’n diensverskaffer, en daarmee saam die uiters bedenklike optrede van Eskom wat aanvanklik belowe het om nie voor 13 Januarie met sy gewraakte beurtkrag te begin nie.

Intussen het lesers hulle kommer uitgespreek oor die koerant nie soos gewoonlik die jongste nuus op sy voorblad het nie.

Sonder om ’n te groot bohaai op te skop, kan die afgelope paar dae se stilswye tog ook een saak duidelik uitlig: Dit gaan al slegter in ons land, en dit gaan nie beter word nie.

Intussen maak die bestuur van Die Vryburger Kinderfonds gereed om van die CVO-skole finansieel by te staan met die mooi bydraes wat gedurende verlê jaar ontvang is van kerklike gemeentes en getroue lesers van Die Vryburger.

Ons glo, hoop en vertrou dat ons volk hierdie jaar met nuwe inisiatief die probleme sal oorwin, en dat ons saam sal beweeg op ons weg na ons volk se vryheid, ongeag hoe vêr dit nog in die toekoms mag wees.