Sjinese beloftes voor Taiwan verkiesing

Uit Beijing het nuwe beloftes na vore gekom wat Taiwan sal bevoordeel, maar kenners het hulle bedankinge oor die beloftes.

Met ’n paar dae voor die presidentsverkiesing gehou word in Taiwan, probeer Sjina sy invloed uitoefen op die kiesers om nie vir die huidige president, wat anti-Beijing gesind is, te stem nie.

Met ’n strategie van druk en trek, probeer Sjina om sy invloed uit te oefen op die verkiesing deur enkele dae voor die tyd, beloftes te maak van grote onafhanklikheid aan Taiwan.

Die vriendelike en nuwe politieke benadering van Sjina, word egter deur die kiesers van Taiwan gesien as ’n metode om kiesers om die bos te lei.

Taiwan, wat homself as ’n onafhanklike staat beskou, word reeds vir jare deur Sjina beskou as deel van sy ryk, wat die spanning tussen die twee lande verhoog het in die afgelope jare.

Sjina se pogings om ’n regering verkies te kry in Taiwan wat meer goedgesing is teenoor Beijing, het tot hede klaaglik misluk, maar gaan voort om kandidate se veldtog te steun wat meer tot Sjina geneig sou wees.

Kort gelede het die Sjinese president, Xi Jinping, gedreig om die “proses van hereniging met Sjina” te bespoedig, maar dit het gelei tot groter weerstand uit die regering van Taiwan.