Sjina: Vreemde virus eis twee lewens

Twee mense het reeds gesterf en dosyne het reeds infeksie opgedoen van ’n nuwe, onbekende virus wat aan longontsteking verband het.

Tot hede is geen mens-tot-mens infeksie waargeneem nie, maar dat die virus uiters gevaarlik is, word nou wyd aanvaar.

’n Tweede persoon het nou omgekom van die vreemde  virus in die sentrale stad Wuhan, terwyl baie gevalle van infeksie reeds aangemeld is.

Die Sjinese owerheid beweer dat minstens 50 soortgelyke gevalle reeds geïdentifiseer is van mense wat met die virus infeksie opgedoen het.

Die eerste sterfgeval het voorgekom by ’n 69-jarige man wat gediagnoseer is van longontsteking, en sy toestand het geleidelik agteruitgegaan en is enkele dae later oorlede.

’n Woordvoerder van die Munisipale Gesondheid Kommissie in die stad Wuhan sê nog vier ander gevalle is daarna geïdentifiseer en word tans in die hospitaal behandel, waar almal se toestand as stabiel beskryf is.

Sowat 12 ander mense is ook behandel wat dieselfde virus opgedoen het, en is intussen uit die hospitaal ontslaan.

Intussen het Thailand en Japan bekend gemaak dat hulle ook gevalle van mense wat dieselfde virus het, in behandeling moes neem.