SAL kry toe geld

Die Ontwikkelings Bank van SA het SAL in kennis gestel dat hy R3,5 miljard aan die entiteit sal leen.  R2 miljard sal onmiddellik beskikbaar wees. Die Ontwikkelings Bank n staatbeheerde instelling en is dus maar net weer ‘n ander manier van die regering om geld voor te skiet aan die bankrot entiteit wat reeds meer as R20 miljard ontvang het die afgelope drie jaar.

Die ANC regering se finansiële stand is so ellendig dat hy nie R2 miljard uit die staatskas kon gee aan die redery soos wat aanvanklik below is nie.