SAL kan net Januarie salarisse betaal

Die bankrot, staatsbeheerde SAL redery sal daarin slaag om sy personeel se salarisse vir Januarie te betaal, maar dit is waar alles eindig.

Met ’n bankrot regering wat nie sy belofte nakom om nog R2 miljard in die redery in te pomp nie, wil dit lyk of SAL nie staande gaan bly nie.

Die redery sit met drie ernstige probleme, en die oplossings daarvoor is vaag en onduidelik, want verskillende maatreëls kon nie ’n beter toestand skep nie.

Die SAL kort minstens R2 miljard om sy vliegtuie in die lug te kry, maar met die vele kansellasies wat hy moes aankondig, word sy passasiers ook al minder, en word winsgewendheid ’n bykans onmoontlike.

Die regering se onvermoë om R2 miljard by enige bankier in die land geleen te kry, het misluk, wat nou gesien word as ’n mosie van wantroue in die finansiële benaderings wat die regime volg.

Dit kan SAL ’n finale nekslag toedien.

Die groot aantal werkers wat nooit aangestel moes gewees het nie, is die ander rede waarom die staatsbeheerde entiteit wankel by die afgrond, en kenners meen dit is waar die regruk aksie moet begin, deur ontslae te raak van bloedsuiers.