SAL kan gelikwideer word

Die SA Lugdiens is weer in die onbenydenswaardige posisie nadat R2 miljard wat aan hulle belowe is deur die Tesourie, nog nie in betaling gerealiseer het nie.

Met skuldeisers wat ongeduldig raak oor uitstaande rekenings wat nie deur SAL betaal word nie, is die moontlikheid van likwidasie nie te vêrgesog nie.

Die vermoede bestaan dat die Tesourie self ’n ernstige tekort aan fondse ondervind, wat die hulp aan die redery vertraag.

Die SAL kan verplig word om baie van sy geskeduleerde vlugte te kanselleer indien die hulp pakket nie vinnig genoeg inbetaal word nie.

Ingeligte bronne beweer dat die eerste vlugte gekanselleer gaan word op 19 Januarie as die Tesourie nie ’n betaling gemaak het nie.

Intussen het die Minister van Finansies, Tito Mboweni, op ’n vraag van verslaggewers gesê “die Tesourie werk daaraan”.