SAL gaan waarskynlik val

Die bankrot regering kon nie betyds R2 miljard bymekaar skraap om die ewe bankrot SAL van ondergang te red nie, en nou word dit donker vir die redery se toekoms.

Dinsdag moes SAL op die nippertjie sy vlugte kanselleer, en noi wag die redery met verwagting kyk of die ANC regering sy beloftes gaan nakom.

Die SAL het talle vlugte gekanselleer, en moet nou hulle kliënte “adviseer” en verwys na ander rederye weens die onsekerheid van hulle toestand.

Die redery het intussen bevestig dat verskeie internasionale vlugte gekanselleer moes word, en die SAL wil glo later ’n amptelike verklaring uitreik

Die reuse bedrag is nodig om SAL staande te hou, maar omdat die regering nie eers oor soveel fondse beskik nie, is dit onwaarskynlik dat SAL nog kan voortgaan.

Later is berig dat SAL verplig was om Dinsdag minstens 19 vlugte te kanselleer, wat kenners laat glo dat die betrokke kliënte nie weer van die SAL se diens gaan gebruik maak nie, al sou hy daarin slaag om te oorleef – vir nou.