SA miljardêr gekies in Davos

Die miljardêr Patrice Motsepe is in Davos gekies tot die raad van die Wêreld Ekonomiese Forum, tydens die byeenkoms die afgelope week.

Motsepe is ’n sakeman en stigter van African Rainbow Minerals waarvan hy ook die uitvoerende voorsitter is.

Die aankondiging kom via die sosiale media nadat ’n storm losgebars het omdat hy vroeër gesê het Suid-Afrika is lief vir Donald Trump.

Die miljardêr het tydens die Davos byeenkoms die geleentheid gehad om ’n luukse ete saam met die Amerikaanse president te geniet.

Terwyl hy met president Trump in gesprek was, het hy gesê hulle doen met 50 lande besigheid, en hy het die voorreg om een van die 100 grootste sake brein kragte te wees wat nou by die president mag wees.

“En Afrika is lief vir jou, Donald Trump”.