SA het derderangse weermag

Dit wil al meer lyk asof Suid-Afrika oor ’n derderangse weermag beskik, en sy soldate is nie net swak opgelei in oorlogvoering nie, hulle beskik ook oor ’n aantal skelms in hulle geledere.

Die onlangse inbraak en diefstal van ’n aantal weermag gewere kon volgens ondersoekers nie gebeur het sonder die samewerking van weermaglede nie.

Dit is nie die eerste keer dat vuurwapens van die weermag “wegraak” nie, en meningsvormers is van oordeel dat veel groter geknoei agter die skerms plaasvind wat nog ontdek moet word.

Kommer is uitgespreek dat die wapens gebruik kan word in plaasaanvalle en ander rooftogte, en dat die polisie nie die wapens en die skuldiges betyds gaan opspoor nie.

Vier jaar gelede het ’n onafhanklike instansies bevind dat SA se weermag sodanig verswak het dat sy slaankrag gelykstaande is aan wat dit in 1930 was.