SA dop die toets

Hospitale in krisis

Suid-Afrika is een van die lande wat die swakste presteer in terme van sosiale mobiliteit volgens die jongste verslag van die Wêreld Ekonomiese Forum.

Die toestand in SA is haglik in terme van sy uiters swak gesondheidsdienste, die opvoedkunde wat klaaglik misluk het in die afgelope twee dekades, wat noodwendig ’n groot krisis veroorsaak in werkloosheid wat verder toeneem.

Die faktore is ook die hoofoorsaak vir die groot armoede vraagstuk wat heers, en lei tot verdere krisisse op ander terreine.

Die verslag word ter tafel geneem tydens die Wêreld Ekonomiese Forum se vergadering wat Dinsdag in Davos, Switserland aangebied word, en waarvoor president Ramaphosa nie kans sien om by te woon nie en gevolglik vir Tito Mboweni gestuur het om die kritiek teen SA aan te hoor.