Reaksie oor Qassem Soleimani se dood

Die Vryburger bied hiermee verkorte reaksies uit verskillende lande en leiers wat gereageer het op die Amerikaanse aanval wat die Majoor-Generaal Qassem Soleimani van Iran se dood veroorsaak het.

Qassem Soleimani was die hoof van die elite Quds Mag van Iran, en word allerweë beskou as ’n baie harde terugslag vir Iran.

Iran:

Iran se super leier, Ayatollah Ali Khanenei sê alle vyandelikes moet weet dat die “jihad” van weerstand sal voortduur met ’n verdubbelde motivering en ’n besliste oorwinning word afgewag van die vegters wat die heilige oorlog sal voer.

Die dood van die offisier maak Iran net meer vasberade om weerstand te bied teen Amerika se magsuitbreiding, en saam met ander lande in die Midde-Ooste, sal wraak op die regte tyd geneem word.

VSA:

Die Republikeinse Senator, Jim Risch, voorsitter van die Senaat se Buitelandse Betrekkinge Komitee sê Qassem Soleimani van Iran was verantwoordelik vir die dood van honderde Amerikaners

Die senator het bygevoeg dat hy vroeër gewaarsku het dat die VSA nie onbepaald getoets kan word en redelike reaksie onbepaald uitgestel sal word nie.

Iran:

Die Minister van Buitelandse Sake, Mohammes Javad Zarif se die brutaliteit van onnoselheid van Amerika se terroriste as mag om bevelvoerder Qassem Soleimani te fusilleer,  maak die weerstand net groter in die Midde-Ooste.

Die VSA se Minister van Buitelandse Sake, Mike Pompeo, het op die sosiale netwerk gesê “Irak, Irak, dans in die strate vir vryheid, dankbaar dat Qassem Soleimani daar nie meer is nie”.