Ramaphosa se 2020 droom

Die ANC president het in sy nuwejaarsboodskap ʼn paar waarhede vasgepen.  Volgens hom was dit die jaar waarin hulle hul donkerste magte van hul natuur beleef het. 

Dit is naamlik die brutale wyse waarop mense hul lewens verloor het weens barbaarse geweldpleging in die land.  

Daar was vrees in skole, huise en op straat.  Dit is volgens hom ‘n nasionale skande.  Sou ʼn wit politikus die woorde geuiter het, sou hy van rassisme beskuldig gewees het.

Hy herhaal egter die hersenskim van gratis onderwys en gehalte mediese sorg. Hy sluit sy wense af deur alma  ʼn vredevolle 2020 toe te wens – iets wat kwalik gaan gebeur, het politieke ontleders later opgemerk.