Puigdemont nou ’n vry man

Carles Puigdemont

’n Regter in België het die arrestasie bevel teen die Spaanse separatiste leier, Carles Puigdmont, ongeldig verklaar, sowel as sy mede separatiste leier wat ook in Belgie woonagtig is.

Die Spaanse regering het ’n uitlewerings bevel aan België gestuur teen Puigdemont, maar omdat hy lid van die Europese Parlement is, geniet hy parlementêre immuniteit.

Spanje beskou die separatiste leier as ’n rebel wat Katalonië wil afskei van Spanje om die streek ’n onafhanklike staat te maak.

Puigdemont het ’n referendum gehou, en na die meerderheid ten gunste van onafhanklikheid gestem het, het hy Katalonië as onafhanklike staat verklaar, maar hy moes kort daarna vlug na België nadat die polisie die separatiste leiers gearresteer en in die tronk gestop het.